Afrikaans‎ > ‎

Voorbeelde



Kombuiskaste



Kombuiskaste gemaak van spoorwegdwarslêers (“sleepers”) 



Kombuiskaste van duursame, sintetiese materiaal (“wraps”) wat ‘n sindelike afwerking gee en maklik is om skoon te hou. Let op die plafonhoogte kruidenierskas wat in die hoek ingebou is en die kassie met silwerkleurige oproldeurtjie waarin die broodbord, broodrooster, ketel, ens gebêre kan word



Die verligte kaste met glasdeure en latwerk hortjies gee ‘n interessante variasie op die soliede deurtjies. Die kroonlyste aan die bokant rond die kaste mooi af. Die apparaat wat die kosreuke bokant die stoof absorbeer, is aan die onderkant van ‘n hoekkassie aangebring



Die gasstoof en ooghoogte-oond in netjiese rooshout kaste



Kastrolle, potte en panne word in die onderste twee groot laaie onder die gasstoof gebêre. Die boonste laai is vir groot lepels, vleismesse en ander kombuisgereedskap wat tydens die kosmaak gebruik word. Die drie bypassende laaie langsaan is ook handige bêreplek. Heel regs is een van die spyserykassies



Die plaashuis-styl stoofkas is met 'n gasstoof en elektriese oond toegerus. Let op die regop speseryelaaitjie en die groot potlaaie  



Die plaashuis-styl kombuiskaste se deure is gemaak van supawood wat wit gesprei is. Die donker gekleurde blad en voetstuk is van gelamineerde saligna 

Slaapkamermeubels



Dié moderne kopstuk en bedkassies van soliede rooi eikehout. Die kopstuk bestaan uit vierkantige blokke hout wat aanmekaargeheg is en waarvan die grein afwisselend horisontaal en vertikaal loop



Dié klassieke styl kopstuk is gemaak van Japannese eikehout



Bedkassie en bedlampie van Japannese eikehout



Groot spieëlkas van kiaat met laaie en ekstra pakplek langs die kant



Kopstuk van soliede kiaat wat pas by die spieëlkas en bedkassie. 




Bedkassie van kiaat 


Ingeboude kaste en boekrakke



Ingeboude mans hangkas van rooshout met vier laaie en baie pak- en hangplek






Ingeboude buffet van rooshout met soliede blad en swewende rakke 


Hoekkas gemaak van sintetiese swart kersiehout (melamien) met twee lessenaars weerskante vir kinderkamer.


Linnekas met boekrak en laai gemaak van sintetiese laricina-hout (melamien)




Elegante wasbakkas van kiaat



Badkamer wasbak-hoekkas van soliede rooshout met latwerk hortjiesdeure



Ingeboude boekrak vir studeerkamer met lessenaar. Die rame van die glasdeure is van soliede kiaat



Hierdie boekrakkas is 4 meter lank en 2.4 meter hoog en het baie pakplek. Die rooi eikehout waarvan dit gemaak is, is effens bruinerig gekleur om by die ander meubels in die studeerkamer te pas 



Sitkamer- en ander meubels


‘n Outydse opsit-riempiesbank. Dis ‘n presiese replika van ‘n soortgelyke bankie van toeka se tyd. Hierdie spesifieke bankie is gemaak van spoorwegdwarslêers (“sleepers”)




Namaaksel van ‘n outydse wakis. Die kis is gemaak van geelhout-dakkappe en die hoeke van die kis is met embuia-wiggies versterk





Outydse geelhout-rakkie vir ornamente. Let op die knoppe onderaan waaraan ‘n sambreel of hoed opgehang kan word



Wynrak van Rhodesiese kiaat




Sterk en stewig: ‘n tafel- en sitplek kombinasie gemaak van spoorwegdwarslêers (“sleepers”). Ideaal vir die buiteluglewe



World Chart

Groot wêreldkaart met die hand uitgesaag uit 3 mm laaghout (eikehout-afwerking) wat aangebring is voor in die NG Kerk Wonderboompoort



Restourasiewerk



Geelhouttafel met stinkhoutpote. Die blad is vervang en die tafel gerestoureer



‘n Outydse traporrel (of huisorrel) waarvan nie net die meganiese binnewerke, onder andere die klawers, fluitjies en blaasbalk herstel is nie, maar ook die hout volledig gerestoureer is. Hierdie spesifieke traporrel is ongeveer 130 jaar oud 



Gerestoureerde eikehout boekrakkas


Juwelekissies



Juwelekissie van geelhout met ‘n embuia-hout kruis. Dit het ‘n los deksel sonder skarniere.


Geelhout juwelekissie met brons voetstukkies, skarniere en knippie.

Comments